DE eng

Search in the Catalogues and Directories

Hits 1 – 1 of 1

1
Basiswoordeboek van Afrikaans
In: Lexikos; Vol. 5 (1995) ; 2224-0039 (2013)
Abstract: Basiswoordeboek van Afrikaans (voortaan BA ) is die eerste Afrikaanse verklarende aanleerderwoordeboek. Dit is veral gerig op aanleerders wat Afrikaans as 'n tweede, derde of vierde taal aanleer. Aangesien die woordeskat beperk is tot 'n baie eenvoudige vlak, behoort die meerderheid gebruikers die woordeskat van BA te kan verstaan. Die beperking van die makrostruktuur skep enkele probleme, wat uitgewys word. BA is 'n gebruikersvriendelike woordeboek waarin inligting oor die algemeen maklik opgespoor en ontsluit kan word. Uitspraakleiding word slegs by woorde waar probleme definitief sal opduik, verskaf. Potensiële spelfoute word d.m.v. teksbokse onder gebruikers se aandag gebring. Morfologiese en sintaktiese leiding word volledig aangedui en dit verseker die kitsherwinning van inligting. Goeie sintaktiese leiding word ook in die voorbeeldsinne en teksbokse verskaf. Definisies is verstaanbaar omdat hulle uit kort volsinne bestaan wat gebaseer is op natuurlike gesproke en veral geskrewe Afrikaans. Die betekenis van leksikale items word in konteks verklaar en in die meeste gevalle verskaf die definiens ook 'n illustrasie van die lemma in sy tipiese grammatikale konteks. Semantiese verhoudings soos polisemie, homonimie, sinonimie en antonimie geniet ook meer aandag in hierdie woordeboek as in die verklarende Afrikaanse handwoordeboeke. Dit is veral BA se voorbeeldsinne en teksbokse wat die nodige gebruiksleiding vir enkodering verskaf. In die geheel beskou, kan BA help om die kommunikatiewe vermoë van niemoedertaalsprekers van Afrikaans te verbeter. ; This, the Basiswoordeboek van Afrikaans ( BA ), is the first appearance of an Afrikaans learner's dictionary in South Africa. It is aimed especially at learners who are attempting to master Afrikaans as a second, third or fourth language. Since the vocabulary is confined to a very elementary level, a wide variety of users should be able to understand it. The restriction of the macrostructure causes a number of problems, which are pointed out. BA is a user-friendly dictionary in which information can generally be retrieved easily. Pronunciation guidance is confined to problematical words. Potential spelling errors are brought to the users' attention through text boxes. Explicit morphological and syntactic guidance are given and this ensures that information can instantly be retrieved. Adequate syntactic guidance is also provided by means of example sentences and text boxes. The definitions given are understandable because they consist of short, complete sentences that are based on naturally spoken and written Afrikaans. The meaning of lexical items is explained in context and in most cases the definiens also provides an illustration of the lemma in its typical grammatical context. Semantic relationships like polysemy, homonymy, synonymy and antonomy are given more attention than that received in the Afrikaans explanatory dictionaries. It is especially BA 's example sentences and text boxes which provide the necessary usage guidance to facilitate encoding. All in all, BA can help to improve the communicative ability of foreign language speakers of Afrikaans who wish to master Afrikaans.
Keyword: aanleerderwoordeboek; collocations; definisies; definitions; example sentences; gebruiksleiding; kollokasies; learner's dictionary; macrostructure; makrostruktuur; microstructure; mikrostruktuur; morfologiese leiding; morphological guidance; pronunciation guidance; semantic guidance; semantic relationships; semantiese leiding; semantiese verhoudings; sintaktiese leiding; syntactic guidance; teksbokse; text boxes; uitspraakleiding; usage guidance; voorbeeldsinne
URL: https://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/1066
https://doi.org/10.5788/5-1-1066
BASE
Hide details

Catalogues
0
0
0
0
0
0
0
Bibliographies
0
0
0
0
0
0
0
0
0
Linked Open Data catalogues
0
Online resources
0
0
0
0
Open access documents
1
0
0
0
0
© 2013 - 2024 Lin|gu|is|tik | Imprint | Privacy Policy | Datenschutzeinstellungen ändern